BLOG

Die Here soek nie “super helde” nie

 

  • Die Here roep ons nie vir wie ons is nie, maar vir WAT Hy van ons maak. Dit is ñ feit. 
  • Baie mense sê: “Ek kannie iets groots vir die Here doen nie, want ek is nie ñ Super Geloofs Held nie.” Om die waarheid te sê is dat God nie van ons verwag om “Super Helde” te wees voordat Hy ons wil gebruik nie! Maar van julle sê: “Francois, maar wat van die geloofs helde in die Bybel?”
  • Wel, kom ons gaan kyk byvoorbeeld na die magtige leier Moses. Hy was ñ moordenaar en het nie eers in homself geglo nie. Hy het verskonings gemaak toe die Here hom geroep het (Ex.3). Maar kyk net hoe het die Here hom gebruik. 
  • Josef, wat die Eerste Minister van Egipte geword het was nie juis iemand se keuse nie. Inteendeel, sy broers het hom as slaaf in Egipte verkoop. So hy was ook niks toe die Here hom geroep het nie. (Gen.41)
  • Wat van Dawid, Israel se geliefde koning en wie genoem word “ñ man na God se hart” toe die Here hom geroep het, was hy besig om sy pa se skape op te pas. (1 Sam 16:11)
  • Dit herinner my aan die Apostel Petrus. Sy naam beteken ‘Rots’ en hy was een van die kragtigste predikers in die Nuwe Testament. Maar toe Jesus hom geroep het, was hy onder geen omstandighede ñ gesalfde prediker nie. Hy het vir Jesus gesê: “gaan weg van my af – ek is ñ te groot sondaar om by U te wees. “(Lukas 5:8) 
  • Vandag is ek self ñ Evangelis en siele wenner. Ek het die voorreg gehad om in die afgelope 19 jaar met sowat 248 001 jongmense gepraat oor Jesus en amper 129 668 mense na die Here toe gelei. 
  • Maar ek was self niks en niemand toe Jesus my gered het nie. Ek was ñ dwelm verslaafde, alkolis, ñ rebel wat weggeloop het by die huis en ek was selfs in die tronk vir poging tot moord! Maar Jesus het my verander in wat ek vandag is. 
  • Moenie wag tot jy ñ “Geloofs Held” is nie. Sê JA vir dit wat die Here deur jou wil doen vandag. Al lyk dit hoe klein. Jy kan iemand se lewe verander deur self JA te sê vir God se roeping vandag.