Psalm/Aanbidding: 5 min lees ñ Psalm, aanbiddings lied
Aanbidding: 5 min aanbid, dank God
Aanbid God se Name: EL SHADDAI: "God Almagtig," JAHWEH-JIREH: "Die Here voorsien"JAHWEH-RAPHA: "Ek, die Here wat julle gesond hou"JAHWEH-
NISSI: "Die Here gee my die oorwinning"JAWEH-SHALOM: "Die Here gee rus"
Lees vir 5 min uit Handelinge of uit een van die Evangelies
Voorbidding: 5 min bid vir iets in die nuus, Land, Bediening, Kerk
Missie: 5 min bid vir opkomende gebeure, vriende, familie, die wat God nie ken nie
God se beloftes: 5 min bid Sy beloftes; Jer 29:11, Spr 1:33, Jes 40:29-31, Rom 8:37-39, Philp 4:9, Jer 30:17
Petisie: 5 min bid vir jouself, jou begeertes, persoonlik en vir jou familie/gesin
Ondersoek: 5 min bid vir bekering, verhoudings
Ou Testament: 5 min lees ñ gedeelte en bid daaroor en vra God om met jou te praat
Bedekking: 5 min bid die Wapenrusting in Efes 6: 11-18; “Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —”
Aanbidding: 5 min kies ñ Kenmerk van God en aanbid Hom; God is ALMAGTIG, God is LIEFDE, God is EWIG, God is EEN