BLOG

HOE OM NEGATIEWE GEDAGTES TE OORKOM.

 

Geskryf en gelewer deur Jenique.

 

Daar is so ‘n groot vesting in hierdie area van ons lewens want ons word elke dag omring met soveel negatiwiteit hetsy dit die nuus is en of omstandighede wat in jou daaglikse lewe gebeur, wat okal dit mag wees. Dit omring ons so maklik en dit kan so maklik en so vinnig pos vat by ‘n mens. Negatiewiteit kan ongelukkig nie vermy word nie en ons moet steeds onthou dat ons in ‘n fleeslike wêreld woon wat boos is met n fleeslike liggaam. Die Here leer ons in Sy woord dat ons stryd nie teen flees en bloed is nie, daarom moet ons waaksaam wees en die stryd in die gees aanpak.

 

Vat ‘n paar sekondes en verbeel net jou jy stap in ‘n woud en elke dag stap jy dieselfde roete. Op die ou einde van die dag gaan jy ‘n heeltemal ‘n nuwe roete/ paadjie skep want jy hou aan vorentoe en agtertoe stap in daardie een rigting en daardie selfde paadjie. Dit is presies hoe dit werk in die menslike brein. Elke keer wat jy iets nuuts leer of aan iets dink vorm dit wat hulle noem ‘n “neuropathway”. Dink so daaraan, die oomblik wat jy in ‘n sekere manier dink en jy dink op ‘n gereelde basis aan daardie ding of op daardie manier oor en oor. Raai wat gaan gebeur? Jy gaan ‘n “trail” in jou gedagtes skep en in jou denk patrone. Dis waarom jy sal hoor (en dalk het dit al met jou gebeur, ek weet verseker dit het al met my gebeur) mense sê “hoekom hou ek aan dieselfde foute maak, hoekom gaan ek heeltyd terug na gevoelings van verwerping en “victim mindset”. Jy gaan heeltyd terug na daardie negatiewe gedagtes toe want jy hou aan daardie roete stap dag vir dag. Maar raai wat? Die Woord van God kan ons red en help om op te hou daardie roete volg. Jou gedagte patroon gaan veroorsaak of jy die stryd waarin jy is gaan wen of verloor. Wat se jou “neuropathways” van hoe jou lewe en denkpatrone is? Skei jy endorfines en serotonin af wanneer jy sê “Loof die Here” of is jou gedagtes gevul met vrees, kommer, woede ens. Daardie gedagtes en die manier waarop ‘n mens dink kan vir jare jou gebonde hou. 

 

Die Bybel leer ons hoe om negatiewe gedagtes te oorkom en hoe om ons “neuropathways” en ons manier van dink te herstruktureer. Filipense 4:8 se “alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is,alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees- daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” Wees vir ‘n oomblik rustig en vra jouself, waarop is my gedagtes gerug? Is jou gedagtes gerig op die nuus en al die negatiewe dinge wat in die wêreld aangaan? Is jou gedagtes gerig op wat in ander mense se lewens aangaan en wat ander mense het en wat jy nie het nie? Is jou gedagtes aanhoudend by jou situasie waar jy nie weet wat aangaan en wat jy moet doen en waste rigting jy moet gaan nie? Waarop jy jou gedagtes rig sal bepaal hoe jy die oorwinning gaan bereik in jou dag tot dag wandel. 

 

Waarmee voer jy jou gedagtes? Ons elkeen sukkel van tyd tot tyd met negatiewe gedagtes en/of onaangename gedagtes. Dit is onvermydelik. Die Bybel herinner ons dat ons ons harte bo alle dinge moet beskerm want daaruit spruit die lewe.

 

2 Korintiers 10 vers 3 bemoedig Paulus ons dat ons ook maar net mens is en ons lewe natuurlik in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. 

 

“Ons neem elke gedagte gevange”. Elke gedagte wat in rebellie teen die kennis van God gerig word en ons leer dit om aan Christus gehoorsaam te wees. Waarom, as ‘n kind van ons Almagtige God en Vader, sal ons wil luister vir negatiewe gedagtes wat deur die vyand teen ons opgerig word? God is ons Vader en ons moet ons gedates rig op dit wat God vir ons sê en ons leer in Filipense 4:8. Die engelse vertaling sê “we take those thoughts captive” m.a.w ons arresteer daardie negatiewe gedagtes. Miskien is jy in ‘n seisoen waar alles om jou net verkeerd gaan. Jou verhoudinge met die mense om jou lei skipbreuk, jy ervaar dalk gevoelings van verwerping en onwaardigheid weens mislukkings. Miskien gaan dit swaar in die besigheid, miskien was jy afgedank of miskien sukkel jy om werk te kry en daardie negatiewe gedagtes en gevoelings van verwerping, mislukking en minderwaardigheid vat pos. Wat okal dit mag wees, hoe benader ‘n mens sulke gedagtes? Hoe baklei ons terug? Ons benader dit deur na die woord van God te gaan en ons self te herinner aan wat ons Vader van ons sê. God het jou by jou naam geroep. Hy ken die planne wat Hy vir jou het, planne van voorspoed en nie teespoed nie. God ag jou lewe so ongelooflik kosbaar dat Hy bereid was om Sy enigste gebore seun te stuur om vir elke liewe mens te sterf. Jou lewe is kosbaar vir God. Hy is jou Vader en Hy belowe dat Hy jou nooit sal begewe of sal verlaat nie. Gryp daardie negatiewe gedagtes vas en begin God se beloftes oor jou lewe uit te spreek. Baklei terug met die waarheid – die woord van God en wat Hy te sê het oor jou lewe.

 

Dit is op die einde van die dag jou keuse of jy gaan sit en luister na die duiwel se bose aanvalle en of jy jou voet gaan dwars draai en terug praat en God se beloftes aangaende jou gaan glo en dit oor jou lewe spreek. 

 

God gee perfekte vrede aan almal wat op Hom vertrou en hulle gedagtes op Hom rig. (Isaiah 26:3). Indien dit vrede is waarna jy strewe daag ek jou uit om hierdie week (en elke hieropvogende week) die volgende te doen:

 

  • Rig jou gedagtes op God en vertrou op Hom;
  • Pas Filipense 4:8 toe in jou lewe en
  • Wanneer daar ‘n negatiewe gedagte by jou opduik onthou wat leer Paulus ons in 2 Koriniers 10:3-6: neem elke negatiewe/ rebelse gedagte wat in opstand teen God kom gevange en vervang daardie gedagtes met wat God oor jou lewe te sê het.

 

Jy is kosbaar en spesiaal vir God en Hy het jou by jou naam geroep, jy is Syne. Hy het jou geweef in jou moederskoot en Hy ken Sy gedagtes aangaende jou, gedagtes van voorspoed en nie teéspoed nie. Jou gedagtes is nie God se gedagtes nie. Die prys wat betaal was vir jou is te duur om te luister na die negatiewe gedagtes van die vyand. Jy is soveel werd in God se oë dat Hy Sy Seun gestuur het om te sterf sodat jy ‘n ewige lewe kan hê.