“…en julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God
geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Efe. 4:23-34)
Niemand word ‘n nuwe persoon deur net eenvoudig sy/haar omstandighede te verander nie. Meeste van ons hou daarvan om nuwe klere te koop, maar daardie nuwe klere maak nie van ons “nuwe mense” nie. Dit bring net uiterlike en “superficial” verandering!
So baie mense sê as hulle omstandighede net kan verander, dan sal hulle beter mense kan word. Hoveelkeer het ons nie al ons omstandighede blammeer om ‘n tekort aan karakter te probeer wegsteek nie? Beter omstandighede waarborg ons verseker nie om automaties beter mense te wees nie.
As dít waar was, dan sou Adam en Eva nooit gesondig het nie! Hulle het in die mees perfekte omstandighede denkbaar geleef. Maar, tenspyte van die perfekte omstandighede, het hulle nogsteeds gesondig! Jesus sê: “Maar uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal…” (Matt. 15:19). ‘n Nuwe Suid-Afrika sal nie automaties “nuwe” mense produseer nie. Nee, nuwe mense sal ‘n nuwe Suid-Afrika navore bring!
Wil jy graag ‘n nuwe mens word vandag? Wel, die Antwoord is beslis nie in nuwe omstandighede nie, maar ‘n nuwe hart en nuwe gedagtes. Jy vra miskien: “Maar hoe kan ek ‘n nuwe mens word?”
Die eerste stap om ‘n nuwe mens te word is totale oorgawe aan Jesus Christus as Verlosser. Net HY kan jou nuut maak (2 Kor. 5:17).
Tweedens, moet jy Jesus toelaat om jou vry te kom maak van enige sonde, sondige gewoontes, en van jou verlede. Onthou, as Jesus jou vergewe en vrymaak, vergewe Hy jou van al die dinge van jou verlede!
1 Joh. 1:7: “…en die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.” Jesus sal jou skoon was van al jou sonde, skuldgevoelens, en jou total en al NUUT maak.
My vriend, wil jy ‘n nuwe mens word vandag? Is jy moeg vir die “spiritual baggage” wat jy elke dag moet saam sleep? Roep Jesus vandag aan. Vra Hom om jou te vergewe en die Here van jou lewe te word. Hy staan gereed. Ek moedig jou aan, doen dit sommer nou.
Blessings
Pastoor Francois de Jager
© 2025 agsilumenboksburg.com
inhoud ontwikkel deur chemcoolweb privaat dokumentasie

