Woord van Pastoor Francois de Jager
Filip. 4:7 “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle hart en gedagte die wag hou in Christus Jesus.” (Wat beteken dit?)
- Ons het hierdie week stem-dag gehad en dit is nogal ñ kommerwekkende situasie.
- Baie mense is heelwaarskeinlik bekommerd oor wat die uitslag gaan wees.
- Miskien is daar ander bekommernisse in jou lewe. Heel moontlik het jy ñ geliefde hierdie week aan die dood afgestaan, en jy het nie al die antwoorde nie. Of iemand het heel moontlik stories oor jou versprei wat onwaar is en die duiwel gebruik dit om jou weg van Sy roeping vir jou lewe te hou.
- In tye soos hierdie kan ons op God se Woord vas staan en vertrou. Hy belowe ons vrede, maar nie net enige vrede nie, Sy Goddelike vrede.
- Dit laat my dink aan die gedeelte toe Jesus saam Sy 12 dissipels in die bootjie oorvegaar het na die anderkant van die see. ñ Geweldige storm het opgesteek en die golwe het in die bootjie geslaan, die wind was soos ñ orkaan, maar Jesus het deur dit alles geslaap.
- Die 12 heg so bang geword hulle was vreesbevange, toe roep hulle na Jesus.
- Jesus het dadelik opgestaan en als laat bedaar en vrede gebring.
- Ek wil jou op hierdie punt laat fokus – JESUS REAGEER NIE OP STORMS NIE! NET OP DIE HULPGEROEP VAN SY KINDERS!
- Bring jou ‘storm’ vandag na Jesus toe, maar maak seker Hy is op jou boot! Dan kan jy enige storm hanteer deur Christus wat jou krag gee.
Geseënde week
Pastoor Francois de Jager