MEER OOR ONS

Wie is ons – AGS iLumen Boksburg

 

Ons as gemeente het 'n Woord van God ontvang wat ons Visie uitbeeld. 

 

Jesaja 49:6b

“Ek gee jou as 'n Lig vir Nasies”

  • Lig vir Mekaar
  • Lig vir die Gemeenskap
  • Lig vir die Wêreld

 

Ons kantoor span – 

  1. Sue du Plessis
  2. Armandie de Jager 

 

Bestuursraad – 

Francois de Jager – Hoof Pastoor

  1. Johan Pretorius
  2. Leon Nel
  3. Wilfred Alexander
  4. Neil Rautenbach
  5. Andre Strydom
  6. Marius Joubert
  7. Phillip Fick
  8. Francois Visagie
  9. Danny Holtzhausen

Agtergrond van Pastoor Francois de Jager 

 

Pastoor Francois de Jager het in 2002 sy graad ontvang in Teologie by die AGS Auckland Park Seminarium en is in 2008 georden as 'n AGS Pastoor. 

 

Hy het vir 20 jaar as ñ Evangelis rondgereis in Suid Afrika en in Afrika onder sy bediening Salvation to Every Nation. Gedurende hierdie tyd het Salvation to Every Nation die voorreg gehad om 247 815 mense in ons groot evengelistiese ‘crusades’ te bereik, waarvan ongeveer 130 000 Jesus aanvaar het as persoonlike Verlosser en Redder. 

 

In 2002 word Pastoor Francois beroep as Jeug Pastoor na AGS Beyerspark waar hy vir 2 jaar gedien het. Dis hier waar hy sy vrou Armandie ontmoet en in 2005 is hulle getroud vanuit die gemeente. In 2005 begin hulle die bediening Salvation to Every Nation en werk voltyds onder jongmense regoor Suid Afrika. 

 

In 2021 het Pastoor Francois ñ droom waar die Here vir hom sê “Ek wil hê julle moet terug gaan waar alles begin het.” Min wetend dat in 2024 gaan hulle beroep word na AGS Beyerspark – nou bekend as AGS iLumen.

 

Hulle dien tans in die gemeente vanaf April 2024 saam met hulle 2 pragtige dogters Ashley en Megan.

 

Pastoor Francois en Armandie de Jager het ñ brandende begeerte vir God se kerk en die gemeenskap. 
 

De Jager gesin
⬇Luister na de Geloofsbelydenis⬇

Android

iOS

Geloofsbelydenis AGS iLumen Boksburg

GELOOFSBELYDENIS

ONS GLO in die ewige, drie-enige God, Almagtige Skepper, Onderhouer en Regeerder van die ganse skepping.

 

ONS GLO in God die Vader, die outeur van die skepping en verlossing.

 

ONS GLO in Jesus Christus, die enigste Seun van God die Vader, ware God wat ter wille van die mensdom en sy verlossing van die hemel neergedaal en vlees geword het; wat verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria; wat op die aarde geleef het en gekruisig is, gesterwe het en begrawe was, wat uit die dood opgestaan en opgevaar het na die hemel waar Hy aan die regterhand van die Vader sit.

 

ONS GLO in die Heilige Gees, ware God wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en in die hele waarheid lei.

 

ONS GLO dat die Bybel die woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees; dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en ons alles leer wat vir saligheid nodig is.

 

ONS GLO dat alle mense na die beeld van God geskape is; as gevolg van hul sondige opstand is hierdie beeld geskend, dat alle mense voor God gesondig het en dit die wil van God is dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus Christus.

 

ONS GLO in die doping in die Heilige Gees, met die aanvanklike teken van spreke in tale soos aan alle gelowiges belowe is. 

 

ONS GLO in die werking van die gawes en vrug van die Gees in die lewe van ‘n Christen. 

 

ONS GLO dat ‘n Christen ‘n dissipel van Jesus Christus behoort te wees en wat ‘n toegewyde en heilige lewe lei.

 

ONS GLO dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees saamgevoeg is en wat bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die Kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil vir alle mense. As charismatiese gemeenskap verkeer hulle onderling en stig mekaar.

 

ONS GLO dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die nagmaal instellings van Jesus Christus is en deur die Kerk onderhou moet word.

 

ONS GLO dat op die God-bestemde tyd Jesus Christus Sy Kerk kom wegneem.

 

ONS GLO in die oordeelsdag wanneer Jesus Christus die lewende en die dooies sal oordeel. 

 

Ons GLO in die opstanding van die liggaam en ‘n ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. 

 

Ons GLO in ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer.